Beligting (fotografie)

’n Lang beligtingstyd wys hoe sterre om die hemelpole draai. (Foto: Europese Suidelike Sterrewag).
’n Foto van die see met sonsondergang, met ’n beligtingstyd van 15 sekondes. Dit laat die sproei van die branders soos mis lyk.

Beligting of beligtingstyd in fotografie is die hoeveelheid lig per eenheidsoppervlakte wat die fotografiese film bereik. Dit word bepaal deur die sluiterspoed, lensopening en lighelderheid. In digitale fotografie word "film" met "sensor" vervang.

In fotografietaal verwys "beligtingstyd" gewoonlik na ’n enkele sluitersiklus. ’n Lang beligtingstyd verwys byvoorbeeld na ’n lang sluitersiklus om genoeg lig op te vang in swak ligtoestande, terwyl veelvuldige beligting betrekking het op ’n reeks relatief kort sluitersiklusse waarmee ’n reeks foto's in werklikheid een beeld met verskillende lae skep. Vir dieselfde filmspoed sal die algehele "fotometriese beligting" (Hv) in albei gevalle dieselfde wees.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy